Kosmologie

Die Hubble- Ekstreme Diepveld is in September 2012 voltooi en wys die verste sterrestelsels wat nog afgeneem is. Buiten die paar helder sterre op die voorgrond is elke ligpunt ’n aparte sterrestelsel, waarvan sommige tot 13,2 miljard jaar oud is. Die waarneembare heelal bevat na raming meer as 2 biljoen sterrestelsels.[1]

Kosmologie (van die Griekse woord κόσμος kosmos, "wêreld", en -λογία -logia, "studie van") is ’n tak van sterrekunde wat die oorsprong en evolusie van die heelal bestudeer, van die Oerknal tot vandag en in die toekoms. Fisiese kosmologie is die wetenskaplike studie van die oorsprong van die heelal, sy grootskaalse strukture en dinamika, en sy uiteindelike lot, sowel as die wetenskapwette wat op hierdie gebiede van toepassing is.[2]

  1. Karl Hille, red. (13 Oktober 2016). "Hubble Reveals Observable Universe Contains 10 Times More Galaxies Than Previously Thought" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2019. Besoek op 17 Oktober 2016.
  2. "Introduction: Cosmology – space". New Scientist. 4 September 2006

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search